Die grootste inisiatief ter ondersteuning van taal vind plaas in die Baskeland: Korrika

  • Op 30 Maart loods die Bask burgers ʼn reuse inisiatief vir hul taal. Honderde duisende sal deelneem aan 'n inisiatief wat die spesiale aflosstokkie van hand tot hand sonder onderbreking sal aangee; dieselfde aflosstokkie wat ʼn simbool geword het van hul taal. Oor ʼn periode van 11 dae en 10 nagte word ʼn taalfees wat 210 ure sal duurin die meeste Bask dorpe en stede, oor ʼn totaleafstand van sowat 2300 kilometer aangebied. Die Baskland is geleë in die suidelike deel van Frankryken in die noordelike deel van Spanje.


2017ko martxoaren 30an - 12:05

In die volgende video kan ʼnpaar beelde van verlede jaar se Korrika gesien word:

Die organiseerders voeg in die stokkie 'n geheime boodskap wat gelees word aan die einde van die fees, nadat dit deur duisende hande aangegee is. Dit word as ʼn eer beskou om die hout aflosstokkie te dra met die simbool van die Baske. Daarom “koop” verskillende verenigings en organisasies kilometerster ondersteuning van die Baskiese taal. AEK, die organisasie wat verantwoordelik is vir die onderrig van die Baskiese taal aan volwassenes is die organiseerder van hierdie reuse skare-befondsing gebeurtenis en die geld ingesamel gaan aan hulle

Die Baskiese taal is naby aan die verdwyn. Tans praat sowat 'n miljoen mense Bask en volgens UNESCO is daar die risiko dat dit sal verdwyn, veralin sommige gebiede. In sekere gebiede is dit is 'n amptelike taal, maar in die meeste van die Baskiese gebied nie. Korrikabring die hele area saam in 'n feestelike atmosfeer. Die burgers wat hul taal ondersteun organiseer verskillende tipe gebeure wanneer Korrika deur hul dorpe en stede gaan.

Hierdie inisiatief sowel as die organiseerder AEK, is geskep deur die mense self. Korrikavind plaas een keer elke twee jaar en vanjaar is die 19de keer. Vanweë die sukses het ander gemeenskappe van tale wat min gebruik word, begin om dieselfde inisiatief te organiseer in hul eie lande. In Katalonië, Ierland, Brittany, Wallis, Galiza en die Valle of Aran hou hul ook ʼn afloster ondersteuning van hul onderskeie tale.

Waarom benodig dieBaskiesetaalKorrika?

DieBaskiesetaal het ʼn grootafname getoon, veral indie laastedrie eeue. Gespotmet diegene watBask praat,boetes enaanrandingsismaar 'n paarvoorbeeldevan wat die Baskemoes verduurbloot omdat hul die enigste taal wat hul ken gepraat het. Onder anderewas dit diesielkundigedruk wat'n groot rolgespeel hetop menseom hulle taal teverander.Die meestetaalkundigesstem saam dat dietaalkundigebeleid wat deurSpanje en Frankrykteendie Baskiesetaaltoegepasis, 'ndirekte impak gehad het.

Die ring is waarskynlik die sterkste simbool van onderdrukking wat die Baskiese taal verduur het. Dit was verbode om Bask te praat by die skool en wanneer 'n onderwyser 'n kind dit hoor praat het sal hy / sy die ring aan hom / haar gee. Die kinders moes die ring aangee aan enige ander kinderwat in Baskies praat. Kinders is gebruik ominformante te wees van wie die ring aan die einde van die week het en hy/sy is dan gestraf, dikwels fisies. Baie Baske haat hul taal as gevolg van die ring en hulle het selfs geweier om dit oor te dra aan hul kinders as gevolg van die hartseer wat dit geïmpliseer. Die samestelling van getuienisse in die Baskeland toon dat die ring ‘n algemene praktyk was ten minste in die laaste twee eeue. Baie Baske wat onder die praktyk van die ring gely het, lewe nog.

Die Baskiese taal is ook tydens 'n diktatuur wat vir meer as 40 jaar geduur het verbied. Polisie in siviele klere is gebruik om te spioeneer op mense in die strate en het diegene wat Bask praat gestraf. Hulle het die Baskiese taal byna uit die openbare lewe uitgewis met die argument dat die taal teen modernisering was.

In die 50`s begin mense klandestiene strukture skep en deur die 60's begin hulle Bask in private huise onderrig. 'n Nuwe beweging ter ondersteuning van die taal is gebore. In die 70`s met die politieke situasie plofbaar, het duisende Bask burgers geletterd geword in Bask in die AEK skole (AEK: Gemeenskap gebaseerde organisasie onderrig van die Baskies) geskep deur die beweging in die ondersteuning van die Baskiese taal. Na afloop van die diktatuur, het 'n paar visionêre mensein 1980 met die idee gekom om Korrika te organiseer om befondsing te kry.

35 jaar na daardie gebeurtenis die Baskiese taal steeds nieamptelik in die meeste die gebiede waar dit gepraat word nie. In sommige gebiede bied die openbare skole niedie opsie om Bask te studeer nieen gevolglik moet duisende kinders duisende kilometers per jaar reis om die Baskiese skole in ander dorpe te woon. In die gebiede waar die Baskiese taal 'n amptelike status het, is beduidende vordering gemaak, maar nogtans gaan die Spaanse regering voortaan om die stadsrade wat Bask as medium gebruik by die howe aan te meld. Hiermee saam kan die Baske skaars die dag vergeet waarop die Spaanse polisie die enigste Bask koerant in 2003 gesluit het.

Die "Egunkaria" is deur die openbare fondsinsameling gefinansier. Die raad van direkteure is in hegtenis geneem en gemartel deur die Spaanse polisie. In Frankrykhet net die Franse taal amptelike status en die skole wat deur middel van Bask onderrig is in die verlede na die hof geneem. Verder meer is 'n dorp wat verlede Januarie die Baskiese taal as amptelike taal verklaar het, ook hof toe geneem.

"Versprei die Baskiese taal en laat ons almal byKorrika aansluit"

Volgens sommige kenners van die bestaande 7000 tale in die wêreld sal die helfte van hulle sal verdwyn gedurende hierdie eeu. Daar is steedsgroot werk te doen om die Baskiese taal in die Baskeland te normaliseer, maar die taal is steeds lewendig.

"Euskara, die Baskiese taal is ons enigste vrye grondgebied." “’n Taal verdwyn nie, omdat diegene wat dit nie ken nie dit nie leer nie, maar omdat diegene wat dit ken dit niegebruik nie." "Dit is pragtige om jou Baskies te hoor praat.” Hierdie is 'n paar van die sinne geskryf op t-hemde, kroeë, en die strate van die Baskeland. Korrika is 'n reuse-inisiatief wat honderde vrywilligers impliseer en die Baske as 'n volk is trots om toe te sien dat dit gebeur.

Met hierdie inisiatief sal duisende Bask burgers hul innerlike energie versterk om hul taal te bly ondersteun, en hulself te bemagtig en hulle sal voortgaan om hul eie visie van die wêreld te hê.

Vertaling: Rika Odendaal-Kroon.


Kanal honetatik interesatuko zaizu: Korrika
2024-03-25 | Leire Artola Arin
Burbuilaren ostean badago zer erein

Irundik Baionara, ezin ezkutatuzkoa izan da 23. Korrikak eragindako harrotasuna. ‘Herri Harro’ leloak zentzua hartu duela ikusi dugu lekuko hartzaileen aurpegietan, eta atzetik euskararen alde oihuka aritu diren korrikalariengan. Bakoitzak bere gorputzetik eta bere... [+]


Inoizko Korrikarik ikusiena izan da

1.700.000 ikustaldi izan ditu EiTBren emanaldiak –Hamaika TBrenak gehitu behar zaizkio–. Pozik agertu dira AEKko arduradunak: “Inoizko Korrikarik erraldoi eta anbiziotsuena lortu dugu, herria harro egoteko modukoa”.


Ane Elordi: "Batasunaren Korrika izan da"

11 egunetan bizipen hunkigarri asko bizi dituela esan du Ane Elordik Euskadi Irratian. “Aje emozionala, bi urtetan egindako lana, kideak ondoan izanik, eskertza, babesa, Euskal Herri osoa Baionan elkartu da... Momentu oso bereziak bizi izan ditugu azken egunean”.


Eguneraketa berriak daude