Die grootste inisiatief ten gunste van 'n taal, die Korrika

  • Op 30 Maart, sal die Baskiese burgers die grootste veelsoortige inisiatief ter wêreld loods vir hul taal. Die geleentheid verenig honderde duisende mense, wat hand aan hand, sonder onderbreking, 'n getuienis wat die taal self simboliseer, lewer. In die elf dae en tien nagte wat oor 210 ure strek, sal hulle ongeveer 2300 km, in ‘n aflos-wedren, hardloop deur die meeste dorpe en stede van Baskeland met die doel om die plekke te verenig.


2017ko martxoaren 30ean - 12:04

In die video hieronder kan jy foto's sien van die nuutste deelname aan Korrika:

Die organisasie plaas 'n geheime boodskap in die aflosstokkie, en, nadat dit deur die hande van duisende mense gedra word, sal dit gelees word tydens die fees wat plaasvind aan die einde van die Korrika. Dit word beskou as 'n eer om die hout aflosstokkie te dra met die Baskiese kentekens waardeur verenigings, instansies en individue kilometers ‘koop’ ten gunste van die taal. Die wedloop word georganiseer deur AEK geïntegreerde skole - assosiasies verantwoordelik vir die onderrig van die Baskiese taal aan leerders en volwassenes. Die geld wat ingesamel word in hierdie reuse gebeurtenis word dan aan hulle geskenk.

Die Baskiese taal het byna verdwyn, en selfs vandag is die taal wat gepraat word deur ongeveer 'n miljoen mense, volgens UNESCO, in gevaar. Hierdie tendens is duidelik in verskeie gebiede. In sommige plekke is Baskies die amptelike taal, maar nie in die meerderheid van gevalle nie. Die Korrika verenig die hele area in 'n feestelike atmosfeer. Burgers wat aktief ten gunste is van die Baskiese taal trek voordeel uit die inisiatief wat deur hul stede, dorpe en woonbuurte beweeg deur aktiwiteite te organiseer om hul taal en hul eise na die straat te neem.

Korrika, soos AEK, sy organiseerder, is 'n inisiatief van die gemeenskap wat elke twee jaar georganiseer word en vanjaar is die 19de keer wat die aangebied word.. In die lig van die sukses van die wedren, het sommige gemeenskappe met minderheidstale ook soortgelyke inisiatiewe begin organiseer: in Katalonië, Ierland, Wallis, Galicia en Val d'Aran hardloop die gemeenskap ten gunste van hul moedertaal.

Hoekom benodig die Baskiese taal die Korrika?

Die Baskiese taal het 'n groot terugslag gely in die onlangse verlede, veral in die laaste drie eeue. Die sprekers is gespot, beboet, aangerand, ens, net omdat hul Baskies gepraat het. So was die sielkundige vervolging , en baie ander politieke faktore, die bepalende faktor vir mense om van spreektaal te verander. Die taalbeleid in Spanje en Frankryk het direk teen Baskies meegeding.

Die ring is een van die wreedste simbole van die onderdrukking gely deur die Baskiese taal. Praat van die taal was verbode by die skool, en wanneer ‘n onderwyser iemand gehoor praat het in Baskies, was die ring aan die leerder gegee, sodat hy of sy dit weer aan medeleerlinge kon oodra. As gevolg daarvan het leerlinge mekaar verraai en aan die einde van die week is hulle gestraf, dikwels fisies. Uiteindelik het dit gelei tot die verafskuwing van hul moedertaal, en as gevolg daarvan is besluit om dit nie aan hul kinders te leer nie om lyding en vernedering te vermy. Getuienis versamel vanoor die hele Baskeland toon die wydverspreide gebruik van die ring vir ten minste die laaste twee eeue, en baie mense wat daaronder gely het, lewe nog.

In Spanje was die Baskiese taal heeltemal verbode gedurende die 40 jaar van diktatorskap waartydens ‘n gemeenskapspolisie gevestig was om te waak oor die gesproke taal en straf uit te oefen. Baskies is byna totaal uitgewis in die openbaar, gebrandmerk as anti-modern. In die 1950´s is in die geheim, skole binne huise geskep en georganiseer. So is ‘n hernude beweging gebore om die taal te steun. Gedurende die 70's, met die politieke atmosfeer in volle swang, het die AEK- beweging skole gestig sodat duisende mense die taal kon aanleer. Aan die einde van die diktatorskap in Spanje, in 1980, was daar ‘n behoefte aan fondse en so het die idee van die Korrika ontstaan.

Na verloop van 35 jaar, is Baskies steeds nie die amptelike taal in die meeste van die gebied waar dit gepraat word nie. In hierdie gebiede, bied die publieke skole nie die geleentheid om in Baskies onderrig te ontvang nie. Duisende kinders moet elke jaar duisende kilometers reis om in Baskies onderrig te ontvang in ‘n ‘ikastola’ (Baskiese skool) geleë buite hul dorp. In die gebiede waar Baskies die amptelike taal is, veroordeel die Spaanse regering die munisipaliteite wat hul werk in Baskies uitrig - ten spyte van die vooruitgang in samewerking met die plaaslike instansies. Verder, sal die Baske nooit vergeet hoe die Spaanse polisie in 2003 die enigste Baskiese koerant (wat gedruk is met geld geskenk deur die publiek), Egunkaria, gesluit het nie. In Frankryk is die enigste amptelike taal Frans, en daar was al verordeninge teen ikastolas wat in Baskies leer, sowel as 'n klagte teen 'n dorp wat in Januarie Baskies as amptelike taal ingestel het.

"Baskies vaar die strate in, laat ons almal deelneem aan die Korrika!"

Sommige kenners beweer dat die helfte van die 7000 tale in die wêreld sal verdwyn in hierdie eeu. In Baskeland sal daar nie toegelaat word dat haar taal vergaan nie, en daar lê nog enorme pogings voor om standaardisering te bereik.

Frases soos "Baskies is ons enigste vrye grondgebied", “'n taal gaan nie verlore omdat diegene wat dit nie praat nie, nie leer nie, maar omdat diegene wat kan, nie praat nie" of " Hoe mooi is dit om te hoor jy praat Baskies" is te sien in baie huise, op T-hemde en in winkels regoor Baskeland. Om met trots as ‘n volk die groot inisiatief van die Korrika te bevorder, word die toewyding van honderde vrywilligers en duisende anonieme burgers om aan te hou werk aan die bemagtiging van hul taal en om voort te gaan in die wêreld met hul eie standpunt, benodig.

Let wel: Oorspronklik geskryf in Baskies deur Lander Arbelaitz, Argia. Vertaal na Afrikaans deur Louizé Horn.

 


Irakurrienak
Matomo erabiliz
Azoka
Azkenak
Israelek beste mediku palestinar bat hil du torturapean

Azken urtean Gazan gutxienez 60 pertsona hil dituzte sionistek torturapean, horietariko hiru medikuak, eta beste 1.000 osasun langile baino gehiago hil dituzte, Gazako Osasun Ministerioaren arabera. Osasun sistemaren aurkako eraso “sistematiko eta berariazkoa” salatu... [+]


Trenetik salto egin nahi

Hemen gatoz, atzera ere, hausnarra berritzera. Edo behintzat saiatzera. Edo horrekin amestera. Ez dakit, ordea, berritik zer izango dugun; izan ere, antza, munduak lehengo lepotik burua jarraitzen du. Barkatu okerra: gizakiok jarraitzen dugu lehengo lepotik.


2024-09-23 | Nagore Zaldua
Adiorik ez, J.

A ze fauna! atalaren lehen denboraldian, olatuz-olatu hainbat  itsas izaki aurkeztu dizkizuet txoko honen traineruko kareletik. Ordea, bigarren denboraldiko nire lehen artikulua lagun bati gorazarre egin eta bere lanaren garrantzia  azpimarratzeko erabili nahi dut:... [+]


2024-09-23 | Garazi Zabaleta
Birika permakultura
“Lurra lantzen hasi aurreko diseinua gakoa da permakulturan”

2014an sortu zuten Birika Permakultura proiektua Leioako lursail okupatu batean. Jurgi Uriarte Idiazabalek eta beste bi kidek jarri zuten martxan egitasmoa. “Lursail hartatik bota egin gintuzten gerora, aparkalekua egin behar zutelako, eta, etenaldi baten ondoren, bakarrik... [+]


2024-09-23 | Estitxu Eizagirre
"Ilargia eta landareak" 2025eko agendaren aurkezpena
Landareei eta piztiei buruzko hitzaldia, ilustrazioak eta bertsoak Tolosan irailaren 26an

Jakoba Errekondok Ilargia eta landareak aurtengo agenda eskutan, ilargiaren arabera baratzeko lanak nola antolatu azalduko du eta entzuleen galderak zuzenean erantzungo ditu. Antton Olariagak argitalpen horretarako egin dituen hamabi piztiren ilustrazioak erakutsiko ditu eta... [+]


Komunikazio-bitartekarien I. topaketak
“Komunikazio zailtasunak dituzten pertsonen beharrak ia ezezagunak zaizkigu”

Ikusgarritasun gutxi dute gure gizartean komunikazio zailtasunak dituzten pertsonak eta bizi dituzten oztopoak. Ezezaguna da esparru horretan aritzeko formatzen diren komunikazio-bitartekarien lana: zailtasunak dituzten pertsonek beren gaitasunak garatu ditzaten laguntzen dute,... [+]


Gaztetxe eta gazte asanbladen topaketak:
“Azken urteotako desadostasunek gaztetxeen eraldaketarako gaitasuna eta erakargarritasuna gutxitu dute”

Euskal Herri mailako topaketak antolatu dituzte hainbat gaztetxe eta gazte asanbladatako gaztek urriaren 19rako, Leitzan (Nafarroa). Mugimenduaren egoeraz eta egitekoez hausnartu, elkarren artean saretu, eta borrokarako indartzea dute helburu. Idatziz erantzun diete ARGIAren... [+]


2024-09-23 | Jakoba Errekondo
Sagardoaren kurkubitatik plastikora

Plastikoan bilduta saltzen dizkigute zuritutako sagarra, mandarina, ahuakatea eta abar. Eta ez gaitu lotsagorritzen.


2024-09-23 | Garazi Zabaleta
Bero latzaren aurrean hiriak birnaturalizatzeko beharra

Euskal Herriaren zatirik handiena klima zonalde epelean kokatuta egon arren, Arabako eta Nafarroako hegoaldean ez ezik, edonora hedatzen dira udako bero bolada latzak. Eta, dirudienez, klima aldaketarekin okerrera eginen du egoerak –edo egiten ari da, honezkero?–... [+]


2024-09-22 | Eneko Atxa Landa
Donostiako Zinemaldia. 2.eguna
Ondo kiribilduta


Sail Ofiziala. 2.eguna
Mus jarraituan


2024-09-21 | Eneko Atxa Landa
Donostiako Zinemaldia. 1.eguna
Zerk egiten duen pertsona

Urduritasunaren alarmak mugikorrekoak baino ordubete lehenago jota hasi da niretzat Donostiako 72. Zinemaldia, edo halabeharrak edo oparitu didan rol honetan. Goiz gosaldu eta akreditazioaren bila joan ostean, Victoria Eugenia antzokira hurbildu naiz 9:00etarako saiora, Emilia... [+]


Eguneraketa berriak daude